Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

May 15 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

Nee, OBP, julle’t nie gewen • Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) en die Landbounavorsingsraad (LNR) beweer dat hulle ’n saak teen die private entstofvervaardigers Design Biologix en Vetvax gewen het oor die wettige eienaarskap van ’n virusstam wat laasgenoemde wil gebruik vir ’n entstof teen slenkdalkoors. By nadere ondersoek blyk dit onwaar te wees, en dat OBP en die LNR die hofuitspraak verkeerd verstaan.

Om gewoon en ongewoon albei goed te kan doen

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Hoe vry is SA regtig?

Nat oestyd: Ál groter vraag na mielies • “Dit is ’n ‘vasval-en-stroper-uittrek-oestyd’ dié, maar daar is wel dele waar gestroop word,” het graanboere gesê oor een van die moeilikste oestye wat hulle in ’n lang tyd beleef.

Gure weer laat sclerotinia vlamvat • Net soos liefdesdriehoeke eindig siektedriehoeke in die landbou nooit goed nie.

Benede-Oranjerivierboere trotseer massas water • Die vloedtoestande wat boere aan die Benede-Oranjerivier vroeg vandeesmaand moes trotseer het, was groter as dié van 2023.

Strome water: Krisis vir vee- en saaiboere • Noord-Kaapse saai- en veeboere moes bontstaan om pompe uit die riviere te haal terwyl die Benede-Oranjerivier in vloed was.

Beskerm jou vee só teen nat, koue herfsweer • Bogemiddelde reënval het in April in groot dele van Suid-Afrika se binneland voorgekom, wat veeboere dwing om hul diere met selfs groter sorg op te pas. Wees bedag op dié siektes wat met aanhoudende nat weer gepaard gaan.

‘SA moet voorberei vir handel ná Agoa’ • Ná die tariewe wat die Amerikaanse president, Donald Trump, vroeër vanjaar aangekondig het, kan dié land se Agoa-wet as geskrap beskou word.

G20: ‘Halt met oormatige tariewe’ • Prioriteite om die wêreld se landbou en voedselsekerheid te laat groei, het voorkeur geniet by die G20-werkgroep se vergadering in Durban.

‘Buurlande moet handel versterk en wrywing verminder’ • Suid-Afrika moet hom altyd daarop toespits om enige diplomatieke kwessies met sy buurlande in die Suider-Afrikaanse streek uit die weg te ruim om stabiliteit te bevorder en dié lande in staat te stel om hul wingerdstokkies by hul buurman te koop.

Staat wil ‘swart’ waterreg ‘swart’ hou • Die departement van water en sanitasie het ’n aansoek vir die oordrag van ’n swart boer se waterregte na ’n wit boer afgekeur omdat die departement dié spesifieke regte ter wille van transformasie in die hande van voorheen benadeelde mense wil hou.

Broedertwis oor water eindig in hof • Twee Noord-Kaapse boere wat ook broers is, het mekaar onlangs in die hooggeregshof in Kimberley gepak in ’n regstryd oor die beskikbaarheid van water van ’n waterpypleiding wat hul pa jare gelede op ’n paar stukke grond aangelê het.

Tienie en Aidan se ‘dag van hoop’ in rekordboek opgeteken • Tienie du Plessis, Suid-Afrika se bekendste uithou-skeerder, het gedurende sy ure lange skeersessie op die rekordverhoog nagedink oor die kern van die boodskap wat hy met dié rekordpoging wil oordra. Dit was eers in die laaste tien minute van dié poging dat hy die boodskap helder en duidelik besef het.

Skaapskeer: Ses van die bestes gaan na wêreldkampioenskap

Mielieland word droomvenue vir Vrystaatse troue

Trump se besluite raak SA boere direk en indirek • Die besluite wat pres. Donald Trump van Amerika in die Withuis neem, wentel al die pad af tot in die Suid-Afrikaanse...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans